Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

5 April 2025, 10:30

’n Vrou staan op

MET Ilse Verster GESPREKSLEIER Marliza van den Berg

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe. Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waarin sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand, en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het vir Esli beskore. Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Ilse deel haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording.

Lus vir iets anders?

Van verwerping tot genesing

In sy boek Boytjie skryf die televisieaanbieder Johnny Davids oor hoe sy ma hom as...

Naam Van Dier Dorp

Sosiale media is ons hedendaagse joernale. Facebook, Instagram, Twitter en nou ook TikTok. Dis waar...

Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan...

Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

Die gesprek sluit deelnemers (bekend en onbekend) in wat onder meer deel is van die...

AF