Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

5 April 2025, 10:30

’n Vrou staan op

MET Ilse Verster GESPREKSLEIER Marliza van den Berg

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe. Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruïneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waarin sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand, en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het vir Esli beskore. Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Ilse deel haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording.

Lus vir iets anders?

Oud-ambassadeur Franklin Sonn oor SA se diplomatieke krisis met die VSA

Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en...

Al die ietse: Wat het jý gedink?

Dis die laaste dag van die fees, daar is nóg om te sien en beleef,...

Broken to Heal

Veertig jaar lank het die vermaaklikheidskunstenaar Alistair Izobell verhoë aan die brand gedans en vir...

Tannie Maria’s Recipes to Die Live For

Tannie Maria, almal se gunsteling-amateurspeurder en troostante, het uiteindelik gehoor gegee aan versoeke van haar...