Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

3 April 2025, 10:30

Die laaste dae

MET Marié Heese GESPREKSLEIER Daniel Hugo   

Menige voormalige hoërskoolleerling sal haar onthou as die skrywer van die voorgeskrewe boek Die uurwerk kantel wat in 1976 verskyn het en intussen as klassieke werk herdruk is. Marié Heese is self ’n kenner op die gebied van onthou, en ’n meester van die historiese roman. In haar jongste boek, Die laaste dae, delf sy diep in die geskiedenis om die mense van Pompeii en Herculaneum in die jaar 79 n.C. aan die woord te stel. ’n Eenvoudige bokwagter besef dat Vesuvius weer gaan uitbars, maar die ander inwoners van die twee stede leef in ontkenning totdat die onvermydelike uiteindelik gebeur. Daniel Hugo, haar uitgewer, gesels met haar oor geskiedenis, letterkunde en die gawe om te kan onthou.

Lus vir iets anders?

Die Bondelswarts van Namaland

In die epiese oorlogsroman Rooisand vertel die voormalige baasspeurder Jeremy Vearey die verhaal van Dirk...

Digtersparadys huldig Breyten Breytenbach

Antjie Krog bring hulde aan die volksdigter Breyten Breytenbach en laat sy gedigte leef. Danie...

Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

Die gesprek sluit deelnemers (bekend en onbekend) in wat onder meer deel is van die...

Gayton McKenzie praat oor hoe hy die kollig op die kunste plaas

Vir die eerste keer in 30 jaar is die minister verantwoordelik vir die kunste se...