Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

3 April 2025, 10:30

Die laaste dae

MET Marié Heese GESPREKSLEIER Daniel Hugo   

Menige voormalige hoërskoolleerling sal haar onthou as die skrywer van die voorgeskrewe boek Die uurwerk kantel wat in 1976 verskyn het en intussen as klassieke werk herdruk is. Marié Heese is self ’n kenner op die gebied van onthou, en ’n meester van die historiese roman. In haar jongste boek, Die laaste dae, delf sy diep in die geskiedenis om die mense van Pompeii en Herculaneum in die jaar 79 n.C. aan die woord te stel. ’n Eenvoudige bokwagter besef dat Vesuvius weer gaan uitbars, maar die ander inwoners van die twee stede leef in ontkenning totdat die onvermydelike uiteindelik gebeur. Daniel Hugo, haar uitgewer, gesels met haar oor geskiedenis, letterkunde en die gawe om te kan onthou.

Lus vir iets anders?

Gayton McKenzie praat oor hoe hy die kollig op die kunste plaas

Vir die eerste keer in 30 jaar is die minister verantwoordelik vir die kunste se...

Springbokke, Proteas, WP: Hoe skakel volksbesit oor in rand en sent?

Van die grootste sportkragmetings was die afgelope tyd in raadskamers, en die sakewêreld stel toenemend...

Digtersparadys huldig Breyten Breytenbach

Antjie Krog bring hulde aan die volksdigter Breyten Breytenbach en laat sy gedigte leef. Danie...

Drie grotes besin

Drie literêre reuse gesels oor hul jongste werk en wonder oor die waarde en relevansie...