Gratis

Afrikaans • Gesin • 60 min.

Netwerk24-feeskafee

Datum(s)

2 April 2025, 11:00

Die storie agter ‘Niggies’

GESPREKSLEIER Kabous Meiring

Aangebied deur kykNET

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die land. Hierdie is hul storie. Dit is ook die storie van André, Issie se broer, en die eed wat hy sweer om diegene verantwoordelik te vang. Dit sou hom 18 jaar neem.

Kabous Meiring gesels met ’n familielid om meer uit te vind oor die ware verhaal en hoe hierdie sonderlinge verhaal sy pad tot by kykNET gevind het. Hoe word daar te werk gegaan wanneer ’n dramareeks op ware feite gegrond is?

Niggies, kykNET se splinternuwe dramareeks, is gegrond op dié opspraakwekkende saak en ’n familie se soektog na antwoorde. Die rolverdeling bestaan uit ’n uitsonderlike ensemble met onder andere Beer Adriaanse, Carel Nel, Albert Pretorius, Tinarie van Wyk Loots, Jane de Wet en Erica Wessels. Die regisseur is Jaco Bouwer, wat onder meer vir die internasionaal bekroonde reeks Spinners verantwoordelik was. Die draaiboek is deur Saartjie Botha en Philip Rademeyer geskryf.

Lus vir iets anders?

Rapport en Netwerk24: Brugbouers

Inspirerende Suid-Afrikaners lewer blitspraatjies oor hul bydrae om die land ’n beter plek te maak....

Broken to Heal

Veertig jaar lank het die vermaaklikheidskunstenaar Alistair Izobell verhoë aan die brand gedans en vir...

Al die ietse: Wat het jý gedink?

Dis die laaste dag van die fees, daar is nóg om te sien en beleef,...

Stories en avonture

Leon Coetzee was 60 toe hy die eerste keer op ’n motorfiets geklim het. Ná...