Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

2 April 2025, 16:00

Stories en avonture

MET Leon Coetzee en Stephan Henrico

Leon Coetzee was 60 toe hy die eerste keer op ’n motorfiets geklim het. Ná ’n lang loopbaan as prokureur begin ’n splinternuwe lewensfase en ontdek hy die vryheid wat die langpad bied. Modder, klei en water vertel die storie van die bondgenootskap tussen ’n man en sy motorfiets en hoe sy BMW-avontuurmotorfietse hom uit ou, geykte denkpatrone help wegbreek het. Stephan Henrico is ’n beroepsoldaat en sedert 2017 ’n trotse inwoner van die Vrye Republiek van Volstruisville en Oudtshoorn waar hy as offisier in bevel van die Health Centre South Coast van die Suid-Afrikaanse Weermag gestasioneer is. In Verhale uit Volstruisville vertel hy met humor van die plekke waar hy al gewoon het, eienaardige kampeerbure aan die Weskus, die Olifantshoek-kerkkoor se moeite om noot te hou en die dag toe Lohatla se rugbyspanne Mafikeng se reuse kafgedraf het. Dit is ook ’n joernaal van sy gesinslewe, sy loopbaan as soldaat en sy perspektiewe op die lewe.

Lus vir iets anders?

Veiligheid en sosiale kwessies op Oudtshoorn

’n Indringende blik op gemeenskapsveiligheid en dwelmprobleme in die Oudtshoorn-gemeenskap. Wat is die tipe misdaad...

Die Bondelswarts van Namaland

In die epiese oorlogsroman Rooisand vertel die voormalige baasspeurder Jeremy Vearey die verhaal van Dirk...

Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

Die gesprek sluit deelnemers (bekend en onbekend) in wat onder meer deel is van die...

Sonde met die verlede: Die geskiedenis en aktuele politiek as vermaak en herbesinning

Marianne Thamm, diepte-joernalis en komediant, bring ’n feitelike maar komiese betragting op C.J. Langenhoven in...