Inspirerende Suid-Afrikaners lewer blitspraatjies oor hul bydrae om die land ’n beter plek te maak. Van ’n vrou wat elke dag vir honderde honger mense kosmaak en ’n predikant wat sy huis met haweloses deel tot ’n akademikus wat haar pos by ’n voorste internasionale universiteit laat vaar het om hier in haar geboorteland ’n verskil te kom maak.