Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 10:30

Ek is nog hier

MET Ian Roberts GESPREKSLEIER Danie Marais   

In sy outobiografie Is dit jý? skryf die veteraanakteur Ian Roberts oor sy loopbaan wat strek van Kaapstad tot Los Angeles; van Shakespeare-teaterproduksies tot die Oscar-wennerfliek Tsotsi. Sy lewensverhaal is ’n meesterklas in die kuns van toneelspel. Hy was al die Bittereinder Sloet Steenkamp in Arende en Boet in die gewilde Castrol-advertensies, en in die fleur van die Afrikaanse televisie- en rolprentbedryf het hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk. Dié briljante storieverteller, met ’n stout humorsin, gesels met digter Danie Marais en laat die aap uit die mou oor wat alles agter die skerms op rolprentstelle gebeur.

Lus vir iets anders?

’n Greep uit die geskiedenis

Die regisseurs en skrywers Hennie van Greunen en Christo Davids en lede van die geselskappe...

StorieKos en die sjokolade-affair

In StorieKos nooi Frik de Jager jou uit om saam met hom op reis te...

Oud-ambassadeur Franklin Sonn oor SA se diplomatieke krisis met die VSA

Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en...

Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

Die gesprek sluit deelnemers (bekend en onbekend) in wat onder meer deel is van die...