Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 10:30

Ek is nog hier

MET Ian Roberts GESPREKSLEIER Danie Marais   

In sy outobiografie Is dit jý? skryf die veteraanakteur Ian Roberts oor sy loopbaan wat strek van Kaapstad tot Los Angeles; van Shakespeare-teaterproduksies tot die Oscar-wennerfliek Tsotsi. Sy lewensverhaal is ’n meesterklas in die kuns van toneelspel. Hy was al die Bittereinder Sloet Steenkamp in Arende en Boet in die gewilde Castrol-advertensies, en in die fleur van die Afrikaanse televisie- en rolprentbedryf het hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk. Dié briljante storieverteller, met ’n stout humorsin, gesels met digter Danie Marais en laat die aap uit die mou oor wat alles agter die skerms op rolprentstelle gebeur.

Lus vir iets anders?

Die kunste as katalisator – Marianne, Frank en Dean oor kommentaar deur die kunste

Deur drama, humor en satire het Suid-Afrikaanse kunstenaars die land se kompleksiteite oor dekades heen...

Leë koskaste en winkelrakke: Hoe bang moet ons wees?

Voedselsekerheid is van noodsaaklike belang, veral in ’n tyd van klimaatsverandering, politieke onstabiliteit en ekonomiese...

Veiligheid en sosiale kwessies op Oudtshoorn

’n Indringende blik op gemeenskapsveiligheid en dwelmprobleme in die Oudtshoorn-gemeenskap. Wat is die tipe misdaad...

’n Greep uit die geskiedenis

Die regisseurs en skrywers Hennie van Greunen en Christo Davids en lede van die geselskappe...

AF