Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en was die eerste ambassadeur wat hierdie demokrasie in Amerika verteenwoordig het nadat oudpres. Nelson Mandela hom na Washington gestuur het. In ’n gesprek met Mia Spies deel Sonn sy insigte oor die huidige diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA.