Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

1 April 2025, 16:00

StorieKos en die sjokolade-affair

MET Frik de Jager en Marita Lamprecht     

In StorieKos nooi Frik de Jager jou uit om saam met hom op reis te gaan van die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome vir ’n verhaal waarin hy sy passie vir plattelandse kos deel. Frik het byna vier dekades lank versamel aan resepte en stories van mense oor die wêreld heen wat hom by hul huise en harte ingenooi het om geheime familieresepte te verklap. Vir poeding is daar Marita Lamprecht se memoires My affair met sjokolade; die verhaal van ’n middeljarige vrou van Oudtshoorn wat op ’n dag haar eentonige kantoorwerk bedank om ’n chocolatier te word. Sy vertel van die opdraande pad wat sy gestap het om by die wêreld se top-sjokolademakers in België te leer oor ’n wêreld wat jou intrek in die gesmelte, blink voue van sjokolade en ’n euforie van geure.

Lus vir iets anders?

Die storie agter ‘Niggies’

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die...

Die erns van komedie

Stand-up, komedie en satire is op die oog af ligte vermaak, ’n manier om te...

Spannende misdaadrillers van die Suid-Kaap tot in Hongarye

In Chris Karsten se jongste boek, Die keiser se duim, is twee private ondersoekers, Ella...

Rapport en Netwerk24: Brugbouers

Inspirerende Suid-Afrikaners lewer blitspraatjies oor hul bydrae om die land ’n beter plek te maak....

AF