Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

1 April 2025, 16:00

StorieKos en die sjokolade-affair

MET Frik de Jager en Marita Lamprecht     

In StorieKos nooi Frik de Jager jou uit om saam met hom op reis te gaan van die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome vir ’n verhaal waarin hy sy passie vir plattelandse kos deel. Frik het byna vier dekades lank versamel aan resepte en stories van mense oor die wêreld heen wat hom by hul huise en harte ingenooi het om geheime familieresepte te verklap. Vir poeding is daar Marita Lamprecht se memoires My affair met sjokolade; die verhaal van ’n middeljarige vrou van Oudtshoorn wat op ’n dag haar eentonige kantoorwerk bedank om ’n chocolatier te word. Sy vertel van die opdraande pad wat sy gestap het om by die wêreld se top-sjokolademakers in België te leer oor ’n wêreld wat jou intrek in die gesmelte, blink voue van sjokolade en ’n euforie van geure.

Lus vir iets anders?

Naelstring: Ouers en kinders

Drie nuutgeskrewe werke, Die een wat bly, Stinkhout en Albatros, wat vanjaar by die fees...

RAU TEM en wat kon gewees het

Gert Coetzee, gesoute joernalis en voormalige redakteur van Volksblad, gesels oor sy roman Lens wat...

Al die ietse: Wat het jý gedink?

Dis die laaste dag van die fees, daar is nóg om te sien en beleef,...

Die laaste dae

Menige voormalige hoërskoolleerling sal haar onthou as die skrywer van die voorgeskrewe boek Die uurwerk...