Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

1 April 2025, 10:30

Karooseun van Vosburg

MET Franklin Sonn GESPREKSLEIER Jody Hendricks

In sy outobiografie vertel Franklin Sonn, struggle-ikoon en oudambassadeur na Amerika, van sy grootwordjare in Queenstown in die Oos-Kaap nadat hy in 1939 in Vosburg in die Karoo gebore is. Franklin was onder meer onderwyser, skoolinspekteur, skoolhoof van die Sekondêre Skool Spes Bona in Athlone, rektor van die destydse Skiereiland Technikon en president van die destydse Kaaplandse Professionele Onderwysunie (KPO). Hy het ’n leidende rol teen apartheid gespeel en hy is in 1995 deur pres. Nelson Mandela as Suid-Afrika se eerste swart ambassadeur na Amerika aangewys. Franklin was van 2002 tot 2009 die kanselier van die Universiteit van die Vrystaat en het meer as ’n dosyn eredoktorsgrade ontvang.

Lus vir iets anders?

Spannende misdaadrillers van die Suid-Kaap tot in Hongarye

In Chris Karsten se jongste boek, Die keiser se duim, is twee private ondersoekers, Ella...

StorieKos en die sjokolade-affair

In StorieKos nooi Frik de Jager jou uit om saam met hom op reis te...

Al die ietse: Wat het jý gedink?

Dis die laaste dag van die fees, daar is nóg om te sien en beleef,...

Die kunste as katalisator – Marianne, Frank en Dean oor kommentaar deur die kunste

Deur drama, humor en satire het Suid-Afrikaanse kunstenaars die land se kompleksiteite oor dekades heen...

AF