Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

1 April 2025, 10:30

Karooseun van Vosburg

MET Franklin Sonn GESPREKSLEIER Jody Hendricks

In sy outobiografie vertel Franklin Sonn, struggle-ikoon en oudambassadeur na Amerika, van sy grootwordjare in Queenstown in die Oos-Kaap nadat hy in 1939 in Vosburg in die Karoo gebore is. Franklin was onder meer onderwyser, skoolinspekteur, skoolhoof van die Sekondêre Skool Spes Bona in Athlone, rektor van die destydse Skiereiland Technikon en president van die destydse Kaaplandse Professionele Onderwysunie (KPO). Hy het ’n leidende rol teen apartheid gespeel en hy is in 1995 deur pres. Nelson Mandela as Suid-Afrika se eerste swart ambassadeur na Amerika aangewys. Franklin was van 2002 tot 2009 die kanselier van die Universiteit van die Vrystaat en het meer as ’n dosyn eredoktorsgrade ontvang.

Lus vir iets anders?

Leë koskaste en winkelrakke: Hoe bang moet ons wees?

Voedselsekerheid is van noodsaaklike belang, veral in ’n tyd van klimaatsverandering, politieke onstabiliteit en ekonomiese...

Springbokke, Proteas, WP: Hoe skakel volksbesit oor in rand en sent?

Van die grootste sportkragmetings was die afgelope tyd in raadskamers, en die sakewêreld stel toenemend...

Naelstring: Ouers en kinders

Drie nuutgeskrewe werke, Die een wat bly, Stinkhout en Albatros, wat vanjaar by die fees...

Die erns van komedie

Stand-up, komedie en satire is op die oog af ligte vermaak, ’n manier om te...