Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

2 April 2025, 14:30

Van verwerping tot genesing

MET Johnny Davids GESPREKSLEIER Haidee Muller-Isaacs

In sy boek Boytjie skryf die televisieaanbieder Johnny Davids oor hoe sy ma hom as kind by sy dowe ouma en haar seun in Kleinvlei gaan aflaai het. Hier moes Johnny onder sy oom se vuiste deurloop totdat hy op ’n dag besluit het genoeg is genoeg; hy spring op ’n trein na Wellington. Hier by die Baron-gesin ervaar hy vir die eerste keer liefde in ’n warm huisomgewing en begin hy geleidelik heel word. Die gesin help hom om sy pa se familie in Walvisbaai te kontak, en in Walvisbaai leer hy om mens te wees. Johnny wen uiteindelik ’n sangkompetisie – die deurbraak in sy loopbaan. Dié inspirerende pa van drie is vandag ’n bekende gesig op die kassie, maar sy pad na sukses was nie sonder struikelblokke nie.

Lus vir iets anders?

Is ons universiteite rats genoeg om by te bly en te lei?

Skuif vir ’n oomblik die politiek by universiteite opsy en kom ons fokus op die...

Oud-ambassadeur Franklin Sonn oor SA se diplomatieke krisis met die VSA

Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en...

Dr. Pieter Groenewald praat oor hoe hy korrektiewe dienste regruk

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het die warm patat gekry om ons...

Spannende misdaadrillers van die Suid-Kaap tot in Hongarye

In Chris Karsten se jongste boek, Die keiser se duim, is twee private ondersoekers, Ella...