Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

2 April 2025, 14:30

Van verwerping tot genesing

MET Johnny Davids GESPREKSLEIER Haidee Muller-Isaacs

In sy boek Boytjie skryf die televisieaanbieder Johnny Davids oor hoe sy ma hom as kind by sy dowe ouma en haar seun in Kleinvlei gaan aflaai het. Hier moes Johnny onder sy oom se vuiste deurloop totdat hy op ’n dag besluit het genoeg is genoeg; hy spring op ’n trein na Wellington. Hier by die Baron-gesin ervaar hy vir die eerste keer liefde in ’n warm huisomgewing en begin hy geleidelik heel word. Die gesin help hom om sy pa se familie in Walvisbaai te kontak, en in Walvisbaai leer hy om mens te wees. Johnny wen uiteindelik ’n sangkompetisie – die deurbraak in sy loopbaan. Dié inspirerende pa van drie is vandag ’n bekende gesig op die kassie, maar sy pad na sukses was nie sonder struikelblokke nie.

Lus vir iets anders?

Is ons universiteite rats genoeg om by te bly en te lei?

Skuif vir ’n oomblik die politiek by universiteite opsy en kom ons fokus op die...

Naam Van Dier Dorp

Sosiale media is ons hedendaagse joernale. Facebook, Instagram, Twitter en nou ook TikTok. Dis waar...

Ek is nog hier

In sy outobiografie Is dit jý? skryf die veteraanakteur Ian Roberts oor sy loopbaan wat...

Leë koskaste en winkelrakke: Hoe bang moet ons wees?

Voedselsekerheid is van noodsaaklike belang, veral in ’n tyd van klimaatsverandering, politieke onstabiliteit en ekonomiese...