Drie nuutgeskrewe werke, Die een wat bly, Stinkhout en Albatros, wat vanjaar by die fees op die planke is, handel oor die ouer-en-kind-verhouding. Die skrywers en lede van die geselskappe gesels oor die stukke se aanslag en uitgangspunte oor die band van die naelstring en die sensitiewe aard van ouerskap en kindskap.