Gratis

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Netwerk24-feeskafee

Datum(s)

4 April 2025, 09:00

Plaaslike verkiesings: Dis nou maak of breek

MET verskeie gaste GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Volgende jaar se plaaslike verkiesings is waarskynlik die belangrikste in ons land se demokratiese geskiedenis. Met onderhoud aan munisipale infrastruktuur wat oral in die land agterweë gelaat is en nou in duie begin stort, wil inwoners in stede en dorpe weet wie gaan doeltreffende dienste lewer. Is almal uitgelewer aan strydende koalisieregerings? Hoe lyk die groot partye se planne en wie gaan ’n daadwerklike verskil maak?

Lus vir iets anders?

Digtersparadys huldig Breyten Breytenbach

Antjie Krog bring hulde aan die volksdigter Breyten Breytenbach en laat sy gedigte leef. Danie...

Veiligheid en sosiale kwessies op Oudtshoorn

’n Indringende blik op gemeenskapsveiligheid en dwelmprobleme in die Oudtshoorn-gemeenskap. Wat is die tipe misdaad...

Die erns van komedie

Stand-up, komedie en satire is op die oog af ligte vermaak, ’n manier om te...

Tien jaar van vryheid: Stories uit die tronk

Ná 23 jaar in die tronk kan Roux Steyn moontlik op parool vrygelaat word, maar...