Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 16:00

Tien jaar van vryheid: Stories uit die tronk

MET Stefaans Coetzee GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Ná 23 jaar in die tronk kan Roux Steyn moontlik op parool vrygelaat word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoonloop. Roux het egter reeds drie maal die “anger management”-kursus gefaal en boonop is hy ’n bendeleier en dwelmsmous. Hy het ’n magdom vyande wat nie kan wag om ’n mes in sy niere te plant nie. Die tronk is nie ’n plek vir teddiebere nie, maar daar is in elke monster ook ’n mens. In 2025 vier Stefaans Coetzee tien jaar sedert hy uit die tronk vrygelaat is. Die skrywer van Onbeskryflike genade vertel in sel ses ontnugterende stories oor die ongenaakbare lewe in die tronk. Maar hoewel Stefaans self 18 jaar in 13 tronke deurgebring het, is hierdie bundel samelopende kortverhale fiktief en slegs geïnspireer deur sy eie tyd in aanhouding. Stefaans gesels oor sy lewe, sy jongste boek en oor tien jaar van vryheid.

Lus vir iets anders?

Sonde met die verlede: Die geskiedenis en aktuele politiek as vermaak en herbesinning

Marianne Thamm, diepte-joernalis en komediant, bring ’n feitelike maar komiese betragting op C.J. Langenhoven in...

Naelstring: Ouers en kinders

Drie nuutgeskrewe werke, Die een wat bly, Stinkhout en Albatros, wat vanjaar by die fees...

Broken to Heal

Veertig jaar lank het die vermaaklikheidskunstenaar Alistair Izobell verhoë aan die brand gedans en vir...

Veiligheid en sosiale kwessies op Oudtshoorn

’n Indringende blik op gemeenskapsveiligheid en dwelmprobleme in die Oudtshoorn-gemeenskap. Wat is die tipe misdaad...