Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 16:00

Tien jaar van vryheid: Stories uit die tronk

MET Stefaans Coetzee GESPREKSLEIER Jody Hendricks

Ná 23 jaar in die tronk kan Roux Steyn moontlik op parool vrygelaat word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoonloop. Roux het egter reeds drie maal die “anger management”-kursus gefaal en boonop is hy ’n bendeleier en dwelmsmous. Hy het ’n magdom vyande wat nie kan wag om ’n mes in sy niere te plant nie. Die tronk is nie ’n plek vir teddiebere nie, maar daar is in elke monster ook ’n mens. In 2025 vier Stefaans Coetzee tien jaar sedert hy uit die tronk vrygelaat is. Die skrywer van Onbeskryflike genade vertel in sel ses ontnugterende stories oor die ongenaakbare lewe in die tronk. Maar hoewel Stefaans self 18 jaar in 13 tronke deurgebring het, is hierdie bundel samelopende kortverhale fiktief en slegs geïnspireer deur sy eie tyd in aanhouding. Stefaans gesels oor sy lewe, sy jongste boek en oor tien jaar van vryheid.

Lus vir iets anders?

Veiligheid en sosiale kwessies op Oudtshoorn

’n Indringende blik op gemeenskapsveiligheid en dwelmprobleme in die Oudtshoorn-gemeenskap. Wat is die tipe misdaad...

’n Greep uit die geskiedenis

Die regisseurs en skrywers Hennie van Greunen en Christo Davids en lede van die geselskappe...

Die onbekende: Waag kunstenaars en gehore genoeg?

Die gesprek sluit deelnemers (bekend en onbekend) in wat onder meer deel is van die...

Om die tafel: Die hartklop van die huis

Kom geniet ’n lipleklekker middagete saam met kulinêre voorligter en smaakmaker Elmarie Berry, skrywer van...

AF