Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 14:30

RAU TEM en wat kon gewees het

MET Gert Coetzee GESPREKSLEIER Daniel Hugo  

Gert Coetzee, gesoute joernalis en voormalige redakteur van Volksblad, gesels oor sy roman Lens wat tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990) afspeel. Die hoofkarakter, Chris Meyer, is ’n jong joernalis wie se ouers ’n dekade tevore in ’n motorongeluk dood is. Sy pa was ’n polities verligte raadgewer vir die destydse regering. Chris probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek dat daar ’n verband is met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit van 1977. Die woorde “RAU TEM” wat teen die muur van die moordhuis geskryf was, speel ’n sleutelrol in die verhaal.

Lus vir iets anders?

Oud-ambassadeur Franklin Sonn oor SA se diplomatieke krisis met die VSA

Dr. Franklin Sonn het ’n sleutelrol gespeel in die vestiging van Suid-Afrika se demokrasie en...

Queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe

Hierdie paneel bespreek die deurslaggewende rol van queer-verteenwoordiging in gemeenskapsargiewe en ondersoek die belangrikheid daarvan...

Die uitdagings om gemeenskapsargiewe te ontwikkel

Sluit aan vir ’n boeiende paneelbespreking waar verteenwoordigers van Karoo Kaarte, die GALA Queer Archive...

Ek is nog hier

In sy outobiografie Is dit jý? skryf die veteraanakteur Ian Roberts oor sy loopbaan wat...