Gratis

Afrikaans • Gesin • 45 min.

ATKV-Boeke-oase by Exclusive Books

Datum(s)

4 April 2025, 14:30

RAU TEM en wat kon gewees het

MET Gert Coetzee GESPREKSLEIER Daniel Hugo  

Gert Coetzee, gesoute joernalis en voormalige redakteur van Volksblad, gesels oor sy roman Lens wat tydens die politieke oorgangstyd in Suid-Afrika (1988-1990) afspeel. Die hoofkarakter, Chris Meyer, is ’n jong joernalis wie se ouers ’n dekade tevore in ’n motorongeluk dood is. Sy pa was ’n polities verligte raadgewer vir die destydse regering. Chris probeer die raaiselagtige omstandighede van die ongeluk ontrafel, en ontdek dat daar ’n verband is met die dubbele moord op dr. Robert en Jeanne-Cora Smit van 1977. Die woorde “RAU TEM” wat teen die muur van die moordhuis geskryf was, speel ’n sleutelrol in die verhaal.

Lus vir iets anders?

Digtersparadys huldig Breyten Breytenbach

Antjie Krog bring hulde aan die volksdigter Breyten Breytenbach en laat sy gedigte leef. Danie...

Die erns van komedie

Stand-up, komedie en satire is op die oog af ligte vermaak, ’n manier om te...

’n Greep uit die geskiedenis

Die regisseurs en skrywers Hennie van Greunen en Christo Davids en lede van die geselskappe...

Kalahari-waarheid

Kalahari-waarheid is ’n verwerkte vertaling van Kalahari Rainsong wat handel oor die wedervaringe van Belinda...