’n Groot, grys muur omhels ’n klein grys wêreld. In hierdie wêreld is kleur net ’n herinnering. ’n Droom. Hier woon Geelgrommel en Blougrommel – die laaste kleure wat oor is. ’n Grommel dra altyd ’n mus. Dit word nooit afgehaal nie. Maar toe kom daar ’n dag, wat nie soos elke gewone grommerige grommeldag lyk nie … Die muurmannetjies se fluisteringe word ’n warrelwind. Mussies beland in die water. Die grommels verdwaal … Wat gebeur as teenoorgesteldes mekaar vind? En wat wag agter daardie muur? Grommels is ’n speelse ontdekkingsreis, waar skoonheid in eenvoud gevind kan word. Waar ons weer kan voel hoe dit eens was toe die natuur se kleure binne ons almal kon groei – ons moet net ons oë oopmaak.