DEBUUT

Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en nieverbaal • Gesin (6 tot 10 jaar) • 40 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

1 April 2025, 13:00

3 April 2025, 13:00

Grommels

MET Angelique Filter en Robert Hindley TEKS EN REGIE Angelique Filter en Robert Hindley ONTWERP, VERHOOGBESTUURDER EN VERVAARDIGER Angelique Filter FASILITEERDER Amelda Brand

Ontwikkeling ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees.

’n Groot, grys muur omhels ’n klein grys wêreld. In hierdie wêreld is kleur net ’n herinnering. ’n Droom. Hier woon Geelgrommel en Blougrommel – die laaste kleure wat oor is. ’n Grommel dra altyd ’n mus. Dit word nooit afgehaal nie. Maar toe kom daar ’n dag, wat nie soos elke gewone grommerige grommeldag lyk nie … Die muurmannetjies se fluisteringe word ’n warrelwind. Mussies beland in die water. Die grommels verdwaal … Wat gebeur as teenoorgesteldes mekaar vind? En wat wag agter daardie muur? Grommels is ’n speelse ontdekkingsreis, waar skoonheid in eenvoud gevind kan word. Waar ons weer kan voel hoe dit eens was toe die natuur se kleure binne ons almal kon groei – ons moet net ons oë oopmaak.

Angelique Filter is bekroon met die KKNK se Kanna vir beste opkomende kunstenaar in 2024 en benoem vir beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol.

Lus vir iets anders?

Storge

Storge is ’n klein houtmensie van Adamas, ’n dorpie net duskant die draad. In Adamas...

Mina Thina

Mina Thina verken die waarde daarvan om deel van ’n groep of familie te wees,...

The King of Broken Things

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat...

Pampoenpit se groen gevoel

Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp...