Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Veeltalig • Gesin (3 tot 9 jaar) • 40 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

4 April 2025, 10:30

5 April 2025, 13:00

6 April 2025, 10:30

Mina Thina

MET Yvonne Msebenzi, Lusanda Soboyise en Melusi Molefe TEKS Jennie Reznek en die geselskap REGIE Jennie Reznek MUSIEKREGIE Yonela Sithela BELIGTINGSONTWERP EN PRODUKSIEBESTUURDER Themba Stewart VERVAARDIGER Magnet Theatre

Mina Thina verken die waarde daarvan om deel van ’n groep of familie te wees, en hoe dit voel om eenkant en eensaam te wees. Met betowerende liedjies, opruiende ritmes en fisieke speelsheid bevestig hierdie stuk die krag van ondersteuningsnetwerke en die vreugde daarvan om deel van ’n gemeenskap te wees – of dit nou ’n familie of vriende is. Dit vertel die storie van ’n gesin van drie – ’n ma, ’n dogter en ’n jonger broer, soos hul paaie op verskillende dae met mekaar kruis en dan weer ’n eie koers inslaan.

Lus vir iets anders?

Middel/Middle

Deur gebruik te maak van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel hoe verhoudings...

Jan Jakkals verloor sy neus

Ervaar “vonkel in die oog”-vermaak met Jan Jakkals verloor sy neus, ’n toneelstuk propvol humor...

The King of Broken Things

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat...

Pampoenpit se groen gevoel

Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp...