DEBUUT

Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Nieverbaal • Gesin (6 tot 10 jaar) • 30 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

1 April 2025, 15:30

2 April 2025, 13:00

Middel/Middle

MET Aidan Davies en Lukhona Mkunyana TEKS Aidan Davies en Lukhona Mkunyana CHOREOGRAFIE Estelle Olivier FASILITEERDER Amelda Brand

Deur gebruik te maak van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel hoe verhoudings gevorm kan word wanneer woorde misluk. Die verken temas van ’n magstryd, verhoudings en konflik, aangevuur deur liefde wat ongesê bly. Noord (die Wonderlike) en Suid (die Dankbare) maak vir die eerste keer kontak met mekaar en die ander een se wêreld. Dit lei tot chaos, verwarring en belaglike pogings om mekaar te saboteer. Noord probeer om sy oorheersing af te dwing, Suid kelder sy pogings met ’n dwase probeerslag om hom te beïndruk. Die twee karakters moet leer om mekaar se verskille te verstaan en te respekteer, terwyl hulle getrou aan hulself bly. Saam verken hulle fasette van interpersoonlike verhoudings op ’n prettige en dinamiese wyse. Die stuk fokus daarop om dikwels moeilike konflikte tussen individue op ’n verstaanbare manier vir jonger gehore uit te beeld.

Lus vir iets anders?

Ka-BOOM!

Ka-BOOM! volg die storie van twee onwaarskynlike helde, Squish en Splat, wie se geveg oor...

Klein KKNK-teater

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die...

Mina Thina

Mina Thina verken die waarde daarvan om deel van ’n groep of familie te wees,...

Jan Jakkals verloor sy neus

Ervaar “vonkel in die oog”-vermaak met Jan Jakkals verloor sy neus, ’n toneelstuk propvol humor...