Deur gebruik te maak van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel hoe verhoudings gevorm kan word wanneer woorde misluk. Die verken temas van ’n magstryd, verhoudings en konflik, aangevuur deur liefde wat ongesê bly. Noord (die Wonderlike) en Suid (die Dankbare) maak vir die eerste keer kontak met mekaar en die ander een se wêreld. Dit lei tot chaos, verwarring en belaglike pogings om mekaar te saboteer. Noord probeer om sy oorheersing af te dwing, Suid kelder sy pogings met ’n dwase probeerslag om hom te beïndruk. Die twee karakters moet leer om mekaar se verskille te verstaan en te respekteer, terwyl hulle getrou aan hulself bly. Saam verken hulle fasette van interpersoonlike verhoudings op ’n prettige en dinamiese wyse. Die stuk fokus daarop om dikwels moeilike konflikte tussen individue op ’n verstaanbare manier vir jonger gehore uit te beeld.