Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp van haar ouma en Toots die kat, leer Pampoenpit om haar groen monster te oorwin en besef sy haar vriendelikheid is dalk makliker om uit te druk as wat sy dink. Met lekker lag, poppe en baie liedjies is hierdie mini-musiekblyspel ’n treffer vir die hele familie, gebaseer op die bekroonde kinderboek Pampoenpit se groen gevoel.