Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans • Gesin • 45 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

2 April 2025, 10:30

3 April 2025, 15:30

5 April 2025, 15:30

Pampoenpit se groen gevoel

MET Anzio September, Bianca Flanders en Miché van Wyk TEKS Bianca Flanders en Dean Balie VERTALING Dean Balie OORSPRONKLIKE TITEL Pumpkin Finds her Kindness REGIE EN VERVAARDIGER Bianca Flanders MUSIEK Dean Balie en Bianca Flanders STELONTWERP Juanita Ferreira KOSTUUMONTWERP Karli Heine en Rouvé Hattingh POPPE Merryn Carver VERHOOGBESTUURDER Roland du Preez

Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp van haar ouma en Toots die kat, leer Pampoenpit om haar groen monster te oorwin en besef sy haar vriendelikheid is dalk makliker om uit te druk as wat sy dink. Met lekker lag, poppe en baie liedjies is hierdie mini-musiekblyspel ’n treffer vir die hele familie, gebaseer op die bekroonde kinderboek Pampoenpit se groen gevoel.

Bekroon met die Fleur du Cap-teaterprys vir beste produksie vir kinders en jongmense (2025).

Bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie in kinderteater by die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024, waar dit ook benoem was vir beste ensemble, asook vir ’n Fleur du Cap-teaterprys in 2024.

Lus vir iets anders?

LAPA-lekkerleesminuut

Kuier elke dag om 11:30 saam by die Klein KKNK-teater. Bekende akteurs en skrywers lees...

The King of Broken Things

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat...

Klein KKNK-teater

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die...

Middel/Middle

Deur gebruik te maak van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel hoe verhoudings...