DEBUUT

Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans • Gesin (4 tot 9 jaar) • 35 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

4 April 2025, 13:00

5 April 2025, 10:30

6 April 2025, 15:30

Jan Jakkals verloor sy neus

MET Sjaka S. Septembir TEKS EN REGIE Sjaka S. Septembir MUSIEK Gertjie Besselsen en Jacques du Plessis STELONTWERP Isabella Grobler VERVAARDIGER Skobbejakkals

Ervaar “vonkel in die oog”-vermaak met Jan Jakkals verloor sy neus, ’n toneelstuk propvol humor en avonture. Wanneer Jan Jakkals sy neus verloor, begin sy wilde soektog, gevul met komiese en ondeunde ontmoetings. Maskers, musiek en skadu-animasie word ingespan om die wêreld van die verhaal lewe te gee. Jonk en oud word meegevoer op ’n reis van selfontdekking. Terwyl Jan na sy neus soek, ontdek hy die waarde van uniekheid en aanvaar sy “onvolmaakte” self met trots. ’n Ervaring wat kinders betower en volwassenes herinner aan die pret van kinderlike vreugde. Jan Jakkals verloor sy neus bring die kuns van maskerteater na Afrikaanse gehore, ’n genre wat nie algemeen in Afrikaanse kinderteater gebruik word nie. Maskers het ’n besondere rol in die storie, aangesien elke gemaskerde karakter se masker help om sy of haar unieke persoonlikheid en emosies uit te beeld.

Lus vir iets anders?

Storge

Storge is ’n klein houtmensie van Adamas, ’n dorpie net duskant die draad. In Adamas...

Klein KKNK-teater

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die...

The King of Broken Things

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat...

LAPA-lekkerleesminuut

Kuier elke dag om 11:30 saam by die Klein KKNK-teater. Bekende akteurs en skrywers lees...