R115 (vooraf) • R100 (Vriende van die KKNK) • R130 (by die deur)

Engels • Geen o.10 • 55 min.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Datum(s)

4 April 2025, 09:30

5 April 2025, 14:00

6 April 2025, 09:30

The King of Broken Things

MET Cara Roberts TEKS EN REGIE Michael Taylor-Broderick MUSIEK Darren Peens VERHOOGBESTUURDER Bryan Hiles VERVAARDIGER Theatresmiths 

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat harte insluit, herstel kan word. Met verwysing na antieke Japanse tradisies, mitologie en drome, word ons daaraan herinner dat towerkuns oral om ons is, ons vergeet net so maklik daarvan. Dit is ook ’n wekroep vir almal om aan die wêreld én die gevolge van ons aksies te dink. En hoe ons in ons sterflikheid meer by die towerwoorde – verbeel, droom en glo – moet stilstaan. Die veelbekroonde produksie het onder meer die Fleur du Cap-teaterprys vir beste produksie vir kinders en jong volwassenes (2023), ’n Nasionale Kunstefees Gold Ovation-prys (2023) en die prys vir beste regisseur, beste teks en beste aktrise by The Golden Dolphin International Puppet Festival in Bulgarye (2022) ontvang.

Lus vir iets anders?

Jan Jakkals verloor sy neus

Ervaar “vonkel in die oog”-vermaak met Jan Jakkals verloor sy neus, ’n toneelstuk propvol humor...

Klein KKNK-teater

Liewe maats, daar is iets wat gaan gebeur. Iets feestelik. Iets met die naam die...

Liewe Heksie en die wals

Haai oe julle stoute kabouters. Wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie...

Pampoenpit se groen gevoel

Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp...