R115 (vooraf) • R100 (Vriende van die KKNK) • R130 (by die deur)

Engels • Geen o.10 • 55 min.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Datum(s)

4 April 2025, 09:30

5 April 2025, 14:00

6 April 2025, 09:30

The King of Broken Things

MET Cara Roberts TEKS EN REGIE Michael Taylor-Broderick MUSIEK Darren Peens VERHOOGBESTUURDER Bryan Hiles VERVAARDIGER Theatresmiths 

The King of Broken Things is ’n magiese verkenning van hoe gebreekte en weggooi-items, wat harte insluit, herstel kan word. Met verwysing na antieke Japanse tradisies, mitologie en drome, word ons daaraan herinner dat towerkuns oral om ons is, ons vergeet net so maklik daarvan. Dit is ook ’n wekroep vir almal om aan die wêreld én die gevolge van ons aksies te dink. En hoe ons in ons sterflikheid meer by die towerwoorde – verbeel, droom en glo – moet stilstaan. Die veelbekroonde produksie het onder meer die Fleur du Cap-teaterprys vir beste produksie vir kinders en jong volwassenes (2023), ’n Nasionale Kunstefees Gold Ovation-prys (2023) en die prys vir beste regisseur, beste teks en beste aktrise by The Golden Dolphin International Puppet Festival in Bulgarye (2022) ontvang.

Lus vir iets anders?

Liewe Heksie en die wals

Haai oe julle stoute kabouters. Wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie...

LAPA-lekkerleesminuut

Kuier elke dag om 11:30 saam by die Klein KKNK-teater. Bekende akteurs en skrywers lees...

Grommels

’n Groot, grys muur omhels ’n klein grys wêreld. In hierdie wêreld is kleur net...

Mina Thina

Mina Thina verken die waarde daarvan om deel van ’n groep of familie te wees,...

AF