Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans • Gesin (5 tot 13 jaar) • 45 min.

Klein KKNK-teater in die Feesmark

Datum(s)

3 April 2025, 10:30

4 April 2025, 15:30

Ka-BOOM!

MET Kyla Jansen, Chloè van Rooyen en Lize-Marie Wait TEKS Sophie Joans en Tshiamo Moretlwe REGIE Tshiamo Moretlwe VERVAARDIGERS Lize-Marie Wait en UNIMA SA

Ka-BOOM! volg die storie van twee onwaarskynlike helde, Squish en Splat, wie se geveg oor ’n plastieksak tot ’n onverwagte eskapade lei. Hulle gaan op ’n gewaagde soektog om die sluwe plastieksak uit die see uit te red. Die plastieksak, Lucky, ontdek die gevolge van sy bestaan. Terwyl die helde probeer om Lucky te red, ontrafel hulle die groter bedreiging van plastiekbesoedeling in die oseane. Sal die onwaarskynlike helde slaag in hul soeke, en wat sal dit verg om mense werklik vir die omgewing te laat omgee? Deur middel van komedie en poppespel, neem Ka-BOOM! jong gehore op reis oor die oseane en in die hart in.

Lus vir iets anders?

Storge

Storge is ’n klein houtmensie van Adamas, ’n dorpie net duskant die draad. In Adamas...

Mina Thina

Mina Thina verken die waarde daarvan om deel van ’n groep of familie te wees,...

Pampoenpit se groen gevoel

Nadat Pampoenpit die sangkompetisie verloor het, sukkel sy met jaloesie en afguns. Met die hulp...

Grommels

’n Groot, grys muur omhels ’n klein grys wêreld. In hierdie wêreld is kleur net...

AF