R400

Afrikaans en Engels • Gesin • 150 min.

Palmoord 375, Pauline Smith-straat

Datum(s)

1 April 2025, 09:30

2 April 2025, 14:30

3 April 2025, 09:30

4 April 2025, 14:30

Suikerkoekie-versierklasse

MET Marita Lamprecht

Wou jy nog altyd leer om suikerkoekies kreatief te versier en jouself ’n bietjie uit te daag? Hier is jou kans. Leer die basiese tegnieke van “flooding”, “wet on wet” en “wet on dry” onder leiding van Marita Lamprecht. Sluit aan by ander versier-entoesiaste en geniet ’n dag van suikerpret. Die tema van die sessies is Paasfees en elkeen ontvang ’n aantal koekies wat die tema uitbeeld, waaronder hasies, paaseiers, kruise en blomme. Toerusting wat benodig word, word verskaf. Dit sluit ’n resepteboekie, spuitsak, verskillende kleure aangemaakte versiersel en versierings in. Bykomende pakkies met koekies, asook houers met vooraf-bereide versiersel, word te koop aangebied en ligte verversing word bedien.

Lus vir iets anders?

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van smaak. Hierdie...

Aandmark voor Openingskonsert

Die Feesmark se inkopieparadys swaai sy deure oop vir ’n voorsmaak en eerste blik op...

Skilder en wyn met Hannelie Swart

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees vier by die KKNK. Jou gasvrou is...

Vryburger Omgeemense Gholfdag

Die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense nooi feesgangers uit om die kenmerkende Klein Karoo-gasvryheid by sy jaarlikse...