R750

Afrikaans • Gesin • 180 min.

Surval Boutique Olive Estate

Datum(s)

2 April 2025, 10:00

3 April 2025, 10:00

4 April 2025, 10:00

5 April 2025, 10:00

Skilder en wyn met Hannelie Swart

MET Hannelie Swart en Ana van Achterbergh PRODUKSIEBESTUURDER Charl Senekal VERHOOGBESTUURDER Boksie Pretorius KLANK EN BELIGTING Johan van de Reede VERVAARDIGER Lefra Produksies

Ondersteun deur Britz Couriers & Removals, Ambassador Execudrive, Van Loveren Wyne, Hollywood Costumes en Lift

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees vier by die KKNK. Jou gasvrou is Hannelie Swart, ’n kunstenaar in eie reg met ’n meestersgraad in visuele kunste. Sy is ook bekend vir haar kunsterapie-sessies en ’n kenner op dié gebied, waar die onderbewuste ontdek word vir selfverryking en selfkennis. Hierdie eiesoortige kunsmeestersklas, met ’n lekker glasie wyn in die hand, gaan jou help om jou eie unieke skildery in ’n prettige en rustige atmosfeer te teken en te verf. Geen kunstalent of kunsopleiding is nodig nie, want Hannelie gaan jou stap vir stap deur die proses neem. Alle kunsmateriaal word voorsien en is ingesluit by die kaartjieprys. Aan die einde van die opwindende sessie het elke deelnemer hul eie A3-grootte-skildery. Die perfekte manier om die KKNK in 2025 te onthou.

Lus vir iets anders?

The Power of Poetry Workshop: Keys for Self-Exploration and Therapy

The Power of Poetry-werksessie is nie ’n formele kursus om ’n gepubliseerde digter te word...

Aandmark voor Openingskonsert

Die Feesmark se inkopieparadys swaai sy deure oop vir ’n voorsmaak en eerste blik op...

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van smaak. Hierdie...

Suikerkoekie-versierklasse

Wou jy nog altyd leer om suikerkoekies kreatief te versier en jouself ’n bietjie uit...

AF