R220

Engels en Afrikaans • Gesin • 120 min.

Beans About Coffee (Hoogstraat)

Datum(s)

4 April 2025, 10:00

5 April 2025, 10:00

The Power of Poetry Workshop: Keys for Self-Exploration and Therapy

MET Elizabeth Eksteen

The Power of Poetry-werksessie is nie ’n formele kursus om ’n gepubliseerde digter te word nie. Die klem val eerder op die terapeutiese waarde van skryf – soortgelyk aan joernaalinskrywings, maar meer abstrak. Hoewel sekere tradisionele aspekte van digkuns behandel word, soos beeldspraak en klanknabootsing, is die hooffokus op die persoonlike voordele. Die doel van dié sessie is om deelnemers te leer hoe om woorde op ’n innoverende manier te gebruik vir sosiale kommentaar, innerlike groei en genesing. Op hierdie manier kan digkuns vars en relevant bly in ons veranderende samelewing. Hierdie werksessie help deelnemers om hul unieke stem te vind en uiting te gee aan hul emosies, maak nie saak of hulle gesoute digters is of nog nooit vantevore kreatief geskryf het nie.

Lus vir iets anders?

Vryburger Omgeemense Gholfdag

Die Oudtshoorn Vryburger Omgeemense nooi feesgangers uit om die kenmerkende Klein Karoo-gasvryheid by sy jaarlikse...

Betowerende koffie-en-biltongavontuur

Sluit aan by Oudtshoorn se eie koffiemeester Johan Breunissen vir ’n ontdekkingsreis van smaak. Hierdie...

Skilder en wyn met Hannelie Swart

Maak jou eie skildery terwyl jy heerlik fees vier by die KKNK. Jou gasvrou is...

Aandmark voor Openingskonsert

Die Feesmark se inkopieparadys swaai sy deure oop vir ’n voorsmaak en eerste blik op...

AF