R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Nederlands en Afrikaans • Gesin • 80 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

1 April 2025, 13:00

2 April 2025, 16:30

De wals van de liefde

MET Jannie du Toit (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (altsaxofoon) TEKS Jannie du Toit MUSIEKREGIE EN VERWERKING Marcel Dednam VERVAARDIGER JNS Musiek

Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater se verhoog gesing het, is “De wals van de liefde” van Toon Hermans die titellied van sy nuwe program – wat bestaan uit persoonlike gunstelinge uit die Nederlandstalige kleinkuns van die twintigste eeu. Jannie het van altyd af besondere aanklank by dié musiek gevind, en dit het sy musiek en loopbaan ingrypend beïnvloed. Daar is altyd versoeke vir sy “Hollandse” liedjies: “Madeleine” en “Marieke” van Brel, dié van sy vriende Jules de Corte en Robert Long, asook Herman van Veen. Musiekliefhebbers kry nou die geleentheid om al die “toppers”, soos die Nederlanders sê, in een program te hoor.

Lus vir iets anders?

Openingskonsert met al die ietse

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers...

Klassiek en kwêla tot tango en techno

Twee van Suid-Afrika se voorste en hoog aangeskrewe instrumentale groepe, die Soweto String Quartet en...

Feesmark se musiekverhoë: 4 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Gé sing: Hoor my lied!

Einde September 2024 was dit 25 jaar sedert die legendariese stem van Gé Korsten, Suid-Afrika...

AF