Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 60 min. (per kunstenaar)

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

5 April 2025, 10:30

Feesmark se musiekverhoë: Saterdag 5 April

MET Riaan Benadé (21:15), Brendan Peyper (20:00), BlackByrd (18:45), Refentse (17:30), Juanita du Plessis (16:15), Barto (15:00), Tribal Echo (13:30), Lisie Basson (12:00) en Donkiekar Boereorkes (10:30)  

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Donkiekar Boereorkes (10:30), Lisie Basson (12:00), Tribal Echo (13:30) en Barto (15:00) wat die dag aan die gang te kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Juanita du Plessis (16:15), Refentse (17:30), BlackByrd (18:45), Brendan Peyper (20:00) en Riaan Benadé (21:15) wat jou op ’n klankreis neem en aan die dans gaan hou tot laat.

Lus vir iets anders?

Die gevlerktes

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering...

Soet water uit die donker put

Een digter, een akteur, een tjello, twee kitare. Woorde, stories, gedigte in harmonie. Soet water...

beHOORNlik

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees...

Duif.

Nataniël sprei sy vlerke met ’n vertoning ewe geskik vir ’n antieke dorpsplein, ’n massiewe...