R195 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R210 (by die deur)

Afrikaans, Engels en Italiaans • Gesin • 80 min.

Absa Burgersentrum

Datum(s)

5 April 2025, 14:30

Drie van die bestes

MET Mathys Roets, Danie Niehaus en  Germandt Geldenhuys

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en drie persoonlikhede in een produksie op die verhoog. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl, van pop tot ballades en ligte klassieke musiek, is dit veral hul a capella- en samesang wat van hulle ’n gedugte kombinasie maak. As solokunstenaars is elkeen in ’n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg. Saam sorg hulle vir ’n ongelooflike kragtige musikale reis. Drie van die bestes het sy ontstaan meer as 25 jaar gelede by die KKNK gehad met die oorspronklike groep. Die huidige trio tree al vir drie jaar saam op en Johan Keller sluit vir hierdie vertoning by hulle aan op klavier.

Lus vir iets anders?

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...

Feesmark se musiekverhoë: 4 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

André Schwartz: Merry Krismis, Elvis  

Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug...

CH2: Olé to Bollé

Hierdie produksie is ’n interessante mengelmoes van die flamenco van Spanje, die moederland van die...

AF