Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 60 min. (per kunstenaar)

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

6 April 2025, 12:00

Feesmark se musiekverhoë: Sondag 6 April

MET Nataniël se Duif. (19:30), Bok van Blerk (18:00), Johan Liebenberg & Mauritz Lotz (16:30), Don Vino (15:00), Tino (13:30) en Tarryn Lamb (12:00)

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Tarryn Lamb (12:00), Tino (13:30), Don Vino (15:00), Johan Liebenberg & Mauritz Lotz (16:30) en Bok van Blerk (18:00) wat die dag aan die gang te kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Nataniël se skouspelagtige Duif., saam met Tracey-Lee Oliver, Wiehahn Francke, Nicolaas Swart, Dihan Slabbert, Charl du Plessis (klavier), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme) wat jou op ’n klankreis neem tot laat.

Lus vir iets anders?

Drie van die bestes

Drie van die bestes is ’n samekoms van drie kunstenaars, met drie uiteenlopende stemme en...

Openingskonsert met al die ietse

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers...

Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar...

88

’n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg...