R100 (vooraf) • R85 (Vriende van die KKNK) • R115 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 40 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

1 April 2025, 16:30

2 April 2025, 10:00

3 April 2025, 13:00

Die gevlerktes

MET Mareli Stolp (klavier) en Diek Grobler (animasie) TEKS Susan Smith VERHOOGBESTUURDER Rob Murray

Moontlik gemaak deur die KKNK en NATi.

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler is bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes skep Diek vier nuwe kortflieks in reaksie op werke vir solo-klavier geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die titel word ontleen aan die gelyknamige gedig deur Susan Smith. Die vier klavierwerke waarop hy sy flieks baseer, is “L’Alouette Calandrelle” deur Olivier Messiaen, “La Poule” deur Jean-Phillipe Rameau, “Ibis Hadeda” deur Neo Muyanga en “On Hearing the First Cuckoo in Spring” deur Frederick Delius. Diek se flieks word vertoon terwyl Mareli die klavierwerke uitvoer.

Lus vir iets anders?

Feesmark se musiekverhoë: Sondag 6 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

-LOOS

Om iets wat kosbaar is te verloor – jou gesondheid, jou jeug, ’n geliefde, ’n...

Duif.

Nataniël sprei sy vlerke met ’n vertoning ewe geskik vir ’n antieke dorpsplein, ’n massiewe...

beHOORNlik

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees...