R100 (vooraf) • R85 (Vriende van die KKNK) • R115 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 40 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

1 April 2025, 16:30

2 April 2025, 10:00

3 April 2025, 13:00

Die gevlerktes

MET Mareli Stolp (klavier) en Diek Grobler (animasie) TEKS Susan Smith VERHOOGBESTUURDER Rob Murray

Moontlik gemaak deur die KKNK en NATi.

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars bymekaar vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler is bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes skep Diek vier nuwe kortflieks in reaksie op werke vir solo-klavier geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die titel word ontleen aan die gelyknamige gedig deur Susan Smith. Die vier klavierwerke waarop hy sy flieks baseer, is “L’Alouette Calandrelle” deur Olivier Messiaen, “La Poule” deur Jean-Phillipe Rameau, “Ibis Hadeda” deur Neo Muyanga en “On Hearing the First Cuckoo in Spring” deur Frederick Delius. Diek se flieks word vertoon terwyl Mareli die klavierwerke uitvoer.

Lus vir iets anders?

Danie Reënwolf du Toit en Johan du Toit: Songs, stories en gedigte

Ná uitverkoopte vertonings in die Atterbury-teater in Pretoria, bring Danie du Toit en sy pa,...

De wals van de liefde

Veertig jaar nadat Jannie du Toit die eerste keer ’n Nederlandstalige liedjie op die Staatsteater...

beHOORNlik

Hier is ’n ding aanie komme! ’n BeHOORNlike ding. Iets so beHOORNlik soos die daarwees...

Katrien, die King en die Kween

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die...

AF