Ingesluit by Feesmark-kaartjie

Afrikaans en Engels • Gesin (OB) • 60 min. (per kunstenaar)

Feesmark se musiekverhoë

Datum(s)

3 April 2025, 11:30

Feesmark se musiekverhoë: 3 April

MET Jeremy Loops (21:00), Die Heuwels Fantasties (19:45), Booshle G. (18:30), Bobby van Jaarsveld (17:15), Jarrad Ricketts (16:00), Van Der Aven (14:30), Hugo Hewitt (13:00) en Kruger & Tutu (11:30)  

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer intieme Castle Lager-verhoog, met Kruger & Tutu (11:30), Hugo Hewitt (13:00) en Van Der Aven (14:30) wat die dag aan die gang te kry. Hulle gaan jou onder dié tent se dak in die regte luim kry vir die dag, met ’n kosstalletjie of twee en ’n kroeg vir ietsie koud wat nie te ver weg is nie.

Soos die son begin sak, skuif die Feesmark se hartklop na die Feesmark-verhoog. Maak gereed vir nog meer ietse vir die ore met Jarrad Ricketts (16:00), Bobby van Jaarsveld (17:15), Booshle G. (18:30), Die Heuwels Fantasties (19:45) en Jeremy Loops (21:00) wat jou op ’n klankreis neem en aan die dans gaan hou tot laat.

Lus vir iets anders?

Amanda Strydom: The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder

Die verhaal van die ongelooflike reis van ’n weeskind. Isabella Dolorosa van Tonder, deur haar...

André Schwartz: Merry Krismis, Elvis  

Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug...

Goue Boere, silwer tango

’n Boeiende musiekervaring wat die verrassende verbintenisse tussen boeremusiek en die Argentynse tango ondersoek. Stel...

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...