R225 (vooraf) • R205 (Vriende van die KKNK) • R245 (by die deur)

Afrikaans • Gesin • 80 min.

Absa Studio (Banketsaal)

Datum(s)

5 April 2025, 10:00

6 April 2025, 10:00

Koos Doep

MET Wynand Strydom en Chanie Jonker (klavier) TEKS EN REGIE Frans Swart MUSIEK Koos du Plessis MUSIEKREGIE Wynand Strydom OUDIOVISUEEL Johann van Tonder STEMKUNSTENAAR Frans Swart PRODUKSIEBESTUURDER Charl Senekal VERHOOGBESTUURDER Boksie Pretorius KLANK- EN BELIGTINGSONTWERP Johan van de Reede VERVAARDIGER Wynand Strydom Produksies

Ondersteun deur Afrikaans100, Ambassador Execudrive, Britz Couriers & Removals, Feeste.net, Hollywood Costumes, LTickets.co.za, Lift, Mobilis Auto, RSG, Van Loveren en WS Pianos.

“Trek my liedjies uitmekaar uit en skryf oor hulle,” het Koos du Plessis gesê, “maar los my uit . . . ek is ’n doodgewone ou.” Koos Doep, soos hy in die volksmond bekend staan, sou in 2025 sy 80ste verjaarsdag gevier het. En tog, ’n goeie 40 jaar ná sy dood as daar gepraat word van “Koos”, dan weet bykans enige persoon van wie daar gepraat word en daar is dadelik ’n klomp treffers wat by ’n mens opkom, waaronder “Sprokie vir ’n stadskind”, “Kinders van die wind”, “Gebed” en “As almal ver is”. Dit is die omvang van Koos du Plessis se bekendheid en sy invloed op Afrikaans en Afrikaanse musiek. Waarom dit so is, is die onderwerp van menige debat, partykeer in die lesingsale van universiteite, maar meestal in die middernagure, met ’n “Kinders van die wind” of ’n “Skielik is jy vry” wat iewers in die agtergrond speel. Natuurlik met ’n goeie bottel rooiwyn, Koos Doep se gunstelingdrankie.

Lus vir iets anders?

Openingskonsert met al die ietse

Skop die 2025-KKNK af met ’n openingskonsert wat beloof om al die ietse aan feesliefhebbers...

Die Ses Snare van ouds

Die groep Ses Snare speel ná baie jare weer by die KKNK – hierdie keer...

Feesmark se musiekverhoë: 4 April

Skop jou feesdag af met die perfekte kombinasie van ontspanning en energie by die meer...

Danie Reënwolf du Toit en Johan du Toit: Songs, stories en gedigte

Ná uitverkoopte vertonings in die Atterbury-teater in Pretoria, bring Danie du Toit en sy pa,...

AF