R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 OB, T • 70 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

1 April 2025, 09:30

2 April 2025, 14:00

3 April 2025, 18:00

Albatros

MET Louw Venter en Ben Albertyn TEKS Louw Venter REGIE Tara Notcutt STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Wolf Britz ASSISTENT-BELIGTINGSONTWERP Kieran Macgregor KLANKONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Wicus Louw

’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur NATi.

Albatros is die aangrypende verhaal van ’n pa en seun se soeke na versoening, en ook om vrede in hulself te vind. Tragiese gebeure veroorsaak dat ’n jong Benjamin alleen sy babaseun, Abel, grootmaak. Jare later ontwikkel Abel soortgelyke probleme as sy pa, en skielik word hulle gekonfronteer met die spoke van die verlede. Benjamin is besig om ’n boot te bou en probeer sy seun by die bouery betrek om sodoende tot hom deur te dring. Dis tragedie, dis komedie, dis al die dinge wat mans so sukkel om onderling gesê te kry.

Die teks is oorspronklik as leesteater voorgelê by die KKNK se Teksmark in 2022.

Lus vir iets anders?

[INDISTINCT CHATTER]

Onduidelike gebabbel Hierdie toneelstuk navigeer deur middel van satiriese humor deur die uiteenlopende spektrum van...

Vlerksleep

Volgens die woordeboek beteken “vlerksleep” om by ’n meisie aan te lê, soos wat die...

Proscenium-dialoë: Groep 2

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

‘KUNS’

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van...