R70 (vooraf) • R50 (Vriende van die KKNK) • R90 (by die deur)

Afrikaans, Engels en Xhosa • Gesin • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

1 April 2025, 11:00

1 April 2025, 15:00

2 April 2025, 09:00

Proscenium-dialoë: Groep 2

MET deelnemers van die Proscenium Dramakompetisie

Ondersteun deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word by die KKNK aangebied as deel van die Jeugkunstefees. Kom beleef hierdie nuwe, rou talent – wat dalk net die sterre van die toekoms kan wees! Die dialoë word in twee groepe verdeel, met vier dialoë elk wat aangebied word.

Loerie & Lizzy se Bunk-transaksie met Alison Jegels (Pionierskool) en Cara Erwee (Hoërskool Charlie Hofmeyr), geskryf deur Karli Heine en onder regie van Derek Daly (Afrikaans).

Droomkamer met Leighmen Marshall (Hoërskool Swartland) en Luca Human (Curro Durbanville), geskryf deur Ilne Fourie onder regie van Margit Meyer-Rödenbeck (Afrikaans).

Utopia met Keanon Brandt en Bronwynne Neer (Bernadino Heights High School), geskryf deur Alea Hanekom en onder regie van Lluwellyn Edas (Afrikaans).

Interstellar met Darren Cloete (Hoërskool Jan van Riebeeck) en Thomas Janisch (Parklands High School), geskryf deur Mikyall Harris en onder regie van Lee-Ann van Rooi (Afrikaans en Engels).

In 2024 het die Proscenium Dramakompetisie 647 inskrywings ontvang en ná die uitdunne is 70 kandidate gekies om aan die finale rondes in Kaapstad deel te neem. Hier het die kandidate dit oor vier rondes uitgespook om die wenners te bepaal. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het 15 skrywers opdrag gegee om dialoë te skryf wat geskik is vir jong akteurs en vir gebruik in die klaskamer. Tydens die finale rondes van die Proscenium Dramakompetisie het ’n span van die WKOD akteurs gekies om die dialoë op te voer, onder leiding van verskeie professionele regisseurs. Die tekste is in Afrikaans, Engels en Xhosa en dek ’n wye spektrum onderwerpe wat aanklank vind by ’n uiteenlopende gehoor van alle ouderdomme. Hierdie is ’n toonvenster van opwindende nuwe tekste en die akteurs van die toekoms.

Lus vir iets anders?

Vuisvoos, maar nog regop: Herlaai

Jy mag dalk dink dat politiek in Suid-Afrika nie ’n grap is nie, maar maak...

Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers. Alewige geraas. Buisligte wat permanent brand. Skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel....

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...

AF