R180 (vooraf) • R165 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans • Gesin OB • 75 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

1 April 2025, 14:00

2 April 2025, 18:00

3 April 2025, 09:30

4 April 2025, 19:30

5 April 2025, 12:30

Sonde met die spoke

MET Veronique Jephtas, Tinarie van Wyk Loots en Michele Burgers TEKS Marianne Thamm REGIE Lee-Ann van Rooi ONTWERP Carin Bester VERHOOGBESTUURDER Ronel Jordaan VERVAARDIGER KKNK

’n Ko-produksie van die KKNK en Suidoosterfees. Moontlik gemaak deur NATi. Ondersteun deur die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund.

Skemer daal neer op Arbeidsgenot op Oudtshoorn. Angelique Jacobs, ’n veiligheidswag by die Langenhoven-museum, maak gereed om die huis na die besienswaardigheid en museum te sluit … En dan begin die verlede by haar spook. Letterlik. Want die vroue in Langenhoven se lewe is nie so geneë met die weergawe van die stories wat oor hulle vertel word nie. Dit wat Angelique gedink het sy weet en wat sy as die waarheid verkondig, word uitgedaag deur die spoke wat ’n gans ander verhaal het om te vertel. Marianne Thamm, bekroonde ondersoekende joernalis, debuteer met haar eerste toneelstuk. Haar nuuskierigheid oor wie en wat Langenhoven was en wat hy vandag beteken, het haar gelei na die vroue in sy lewe. Thamm bied met humor en patos ’n nuwe blik op ’n geskiedenis wat almal dink hulle ken, en dalk val daar net ’n geraamte of twee uit die kas.

Regisseur Lee-Ann van Rooi word in 2025 vereer met die Kunste Onbeperk Kruispunt-prys.

Lus vir iets anders?

Double Trouble: Bettie innie selle en Chronicles vannie Lavis

Twee vir die prys van een! Bettie innie selle MET Dean John Smith TEKS Dean...

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...

Proscenium-dialoë: Groep 2

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Wag!

Opwinding en spanning heers wanneer ’n meester en haar assistent voorberei vir ’n naderende besoek....