DEBUUT

R190 (vooraf) • R175 (Vriende van die KKNK) • R205 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 OB • 100 min.

SANW-ouditorium (Parkweg)

Datum(s)

1 April 2025, 10:30

3 April 2025, 09:30

4 April 2025, 14:30

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 09:00

Annie+Helen

MET Cintaine Schutte, Judi Hattingh, Bianca Flanders, Stian Bam en Eldon van der Merwe TEKS Hennie van Greunen, gegrond op William Gibson se The Miracle Worker, Helen Keller se The Story of My Life en Kim Nielsen se Beyond the Miracle Worker REGIE Hennie van Greunen BELIGTINGSONTWERP Andi Colombo STELONTWERP Rocco Pool KOSTUUMS Rouvé Hattingh MUSIEK Franco Prinsloo TEKENINGE Corlie de Kock ASSISTENTREGIE EN VERHOOGBESTUURDER Dhania Schultz VERVAARDIGERS Wordsmith’s Theatre Factory en Curro Create

Ondersteun deur Curro Create.

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens onherroeplik verander. Die 25-jarige Annie voel soos ’n gebroke legkaart, verkeerd aanmekaargesit, terwyl die 12-jarige Helen vasgevang is in ’n donker limbo – sonder die vermoë om te sien, te hoor of te praat. Wat volg, is ’n intense en roerende oorlog tussen twee gebroke mense. Dit is ’n stryd wat ontvou in veldslae rondom die eetkamertafel, kopskermutselings in gebaretaal; ’n oorlog om beide Annie en Helen se oorlewing. In ’n wêreld waar trauma al hoe meer afgewater en alledaags voorkom, bring hierdie storie van twee formidabele vroue – en die mense wat hulle omring – ons tot stilstand. Dit dwing ons om na te dink oor die lesse wat trauma ons leer, en die ongelooflike veerkragtigheid wat uit daardie lesse spruit. Sentraal tot Annie se stryd is die idee van taal – ’n onmisbare element vir Helen se geestelike groei. Annie verstaan dat taal vir die verstand net so noodsaaklik is soos lig vir die oog. Sonder taal sal die deure tot Helen se wêreld vir altyd gesluit bly. Hierdie produksie se briljante en ervare geselskap ondersteun die jong, fenomenale 13-jarige Judi Hattingh in die rol van Helen, soos sy haar eerste treë op die professionele verhoog neem. Met Annie+Helen keer Wordsmith’s Theatre Factory terug na die feeskringloop. Wordsmith’s Theatre Factory, een van die land se oudste onafhanklike Afrikaanse teatermaatskappye, was laas in 2017 by die KKNK met ’n toneelproduksie. Skrywer/vertaler/regisseur Hennie van Greunen en akteur/vervaardiger Pedro Kruger sien uit daarna om voort te bou op legendariese produksies soos Lyf, Op die vrou af, Dinsdae by MorrieRondomskrik en Shirley Valentyn.

Lus vir iets anders?

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

kykNET: ‘Niggies’-aktivering 

In 1966 ruk die moord van twee 12-jarige niggies, Issie Fourie en Petro Nel, die...

Marion Monroe

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning,...

AF