R160 (vooraf) • R140 (Vriende van die KKNK) • R180 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Geen o.13 OB, T • 70 min.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

4 April 2025, 09:30

5 April 2025, 09:30

6 April 2025, 09:30

Joe Barber 25

MET David Isaacs en Oscar Petersen TEKS David Isaacs en Oscar Petersen REGIE Lara Bye VERVAARDIGER The Joe Barber Company

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter dié komedie, David Isaacs en Oscar Petersen, terug na die verhoog in ’n nuwe reeks aanbiedings. Joe Barber volg die avonture en staaltjies van Boeta Joe en Gamat by die geliefde barbierswinkel, en die gewilde karakters Washiela en Outjie maak ook ’n draai. Joe Barber hou steeds die rekord as die topverkoper-vertoning in die geskiedenis van die Grand Arena by die GrandWest, met hul vertoning in 2022 wat alle bywoningsrekords by die venue oortref het. “Toe ek en David ons eerste Joe Barber-vertonings 25 jaar gelede by die Skokiaan-teater opgevoer het, sou ons nooit kon dink dat  die karakters jare later steeds só gewild sou wees nie. Die lewens van Gamat, Joe, Washiela en Outjie lê ons aanhangers na aan die hart en ons voel uiters bevoorreg om steeds soveel liefde te ervaar!” – Oscar Petersen

Lus vir iets anders?

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...

Liefdesbriewe

Liefdesbriewe is ’n ontroerende en tydlose drama oor die lewenslange verhouding tussen twee karakters, Melissa...

Virgil Prins: Komediant

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Virgil Prins...

Marion Monroe

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning,...