R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 OB • 75 min.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

3 April 2025, 19:30

4 April 2025, 16:00

Marion Monroe

MET Marion Holm TEKS Marion Holm en Chris Vorster REGIE Chris Vorster VERVAARDIGER Handyminds

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning, Sussie is nou suur, wat in 2004 hier gedebuteer het. Haar nuutste eenvrouvertoning, Marion Monroe, is benoem as beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks by Momentum Beleggings Aardklop (2024) en het daarna blitsvinnig by die Toyota Stellenbosch Woordfees uitverkoop. “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet.” Aldus Shakespeare. So, is Marion Holm steeds Marion Holm, al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak vir Marion Marion? Sy vertel stories met haar tipiese eerlikheid en heerlikheid om haar punt oor te dra. Daar is ’n paar nuwe karakters, maar ou bekendes soos Nakkie is steeds op die verhoog.

Marion Holm word in 2025 vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir vertolking.

Lus vir iets anders?

Vrou met 27 kinders

Vrou met 27 kinders vertel die storie van ’n kinderlose egpaar, gegrond op ’n ware...

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2...

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...