R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R195 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 OB • 75 min.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

3 April 2025, 19:30

4 April 2025, 16:00

Marion Monroe

MET Marion Holm TEKS Marion Holm en Chris Vorster REGIE Chris Vorster VERVAARDIGER Handyminds

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning, Sussie is nou suur, wat in 2004 hier gedebuteer het. Haar nuutste eenvrouvertoning, Marion Monroe, is benoem as beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks by Momentum Beleggings Aardklop (2024) en het daarna blitsvinnig by die Toyota Stellenbosch Woordfees uitverkoop. “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet.” Aldus Shakespeare. So, is Marion Holm steeds Marion Holm, al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? Wat maak vir Marion Marion? Sy vertel stories met haar tipiese eerlikheid en heerlikheid om haar punt oor te dra. Daar is ’n paar nuwe karakters, maar ou bekendes soos Nakkie is steeds op die verhoog.

Marion Holm word in 2025 vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir vertolking.

Lus vir iets anders?

Proscenium-dialoë: Groep 2

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Stuart Taylor: Odd Man Out

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Ononderbroke lag...

[INDISTINCT CHATTER]

Onduidelike gebabbel Hierdie toneelstuk navigeer deur middel van satiriese humor deur die uiteenlopende spektrum van...

Annie+Helen

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens...

AF