DEBUUT

R240 (vooraf) • R220 (Vriende van die KKNK) • R260 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 • 90 min.

SANW-ouditorium (Parkweg)

Datum(s)

2 April 2025, 18:30

3 April 2025, 14:30

5 April 2025, 13:30

6 April 2025, 13:30

Liefdesbriewe

MET Arnold Vosloo en Elzabé Zietsman TEKS A.R. Gurney REGIE André Odendaal VERTALING EN VERWERKING Elzabé Zietsman OORSPRONKLIKE TITEL Love Letters PRODUKSIEBESTUURDER Johann Slabbert VERHOOGBESTUURDER Jeanellé Strydom VERVAARDIGER Drama Drama

’n Drama Drama-produksie, moontlik gemaak deur die KKNK en Suidoosterfees.

Liefdesbriewe is ’n ontroerende en tydlose drama oor die lewenslange verhouding tussen twee karakters, Melissa en André. Deur ’n reeks briewe, kaartjies en notas wat hulle oor vyf dekades skryf, onthul die soms geliefdes, soms vriende hul diepste gedagtes, drome en gevoelens. Hulle kommunikeer met mekaar deur angstige koshuiservarings, Europese avonture, mislukte huwelike en die hoogte- en laagtepunte van hul loopbane. Die toneelstuk is ’n tragikomiese ondersoek na verlore geleenthede, onuitgesproke liefde en die verwikkelde vriendskap wat hulle vir altyd aan mekaar bind. Arnold Vosloo en Elzabé Zietsman ken mekaar al 43 jaar. Hulle het op Elzabé se verjaarsdag in 1981 ontmoet: hy ’n eerstejaar- en sy ’n finalejaarstudent. Hulle was in 1982 laas saam op die verhoog, in Molière se klug Sganarelle.

Lus vir iets anders?

Proscenium-dialoë: Groep 2

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Albatros

Albatros is die aangrypende verhaal van ’n pa en seun se soeke na versoening, en...

Vrou met 27 kinders

Vrou met 27 kinders vertel die storie van ’n kinderlose egpaar, gegrond op ’n ware...

Tussen strome

Soms kruip pyn en seerkry agter die grootste glimlagte of sterk verbeeldingskrag weg. Tussen strome...