R220 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R240 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.16 OB, T • 90 min.

Gimsaal (Scheepersstraat)

Datum(s)

1 April 2025, 17:00

3 April 2025, 14:30

5 April 2025, 09:00

6 April 2025, 12:00

Stinkhout

MET Frank Opperman en Wilhelm van der Walt TEKS, REGIE EN STELONTWERP Philip Rademeyer BELIGTINGSONTWERP, PRODUKSIE- EN VERHOOGBESTUURDER Andi Colombo

’n Ko-produksie van die KKNK, Suidoosterfees en Momentum Beleggings Aardklop. Moontlik gemaak deur AK21. Ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund.

Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalk. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was nege jaar laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, gemeenskaplike terrein probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n dekades lange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het, en ’n konstante herinnering aan Amanda, vrou en ma, wat al 25 jaar oorlede is. ’n Storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgesetelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood. ’n Storie oor ’n pa en seun wat moet rekenskap gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind.

Bekroon met die Momentum Beleggings Aardklop-prys vir beste toneelproduksie, beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks en beste akteur (Opperman) (2024).

Lus vir iets anders?

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...

Annie+Helen

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens...

Öh

Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome...

Marion Monroe

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning,...