R165 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R180 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 OB • 50 min.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Datum(s)

4 April 2025, 15:30

5 April 2025, 09:30

6 April 2025, 14:00

Die potplant: ’n Tragedie

MET Karli Heine en Grethe van der Merwe REGIE Dean Balie DEUR Karli Heine

Ontwikkeling ondersteun deur die KKNK, Toyota Stellenbosch Woordfees, NATi en die Johann Brink Trust.

’n “Sad”, stowwerige potplant staan alleen in die voorportaal van ’n kantoor. ’n Potplant is veronderstel om lewendig en mooi te wees en almal wat daarna kyk te laat goed voel. Maar wat as sý juis die een is wat ontvlugting nodig het? Die plant vind maniere om aan die verveling te ontvlug met haar verstrengelde humorsin en haar sang. En sy sing – baie. Wie sê ’n potplant het nie ook groot drome nie? Hierdie kabaret belig die lewe van ’n plant wat ongelukkig is in haar omgewing. Ander karakters betree ook die landskap om komiese kommentaar te lewer en nog saadjies te plant. Die oorspronklike uittreksel is bekroon met die KKNK se Kanna vir beste Lucky Pakkie-aanbieding (2024).

Lus vir iets anders?

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2...

Die een wat bly

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se...

Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage

Die kern van die storie vertel die verhaal van ’n alledaagse, normale middelklas-auntie op die...

Laaitie mettie biscuits

“Wat het my kind gesê voor hy dood is? Het hy na my geroep?” Die...