R180 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.

Gimsaal (Scheepersstraat) en kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

2 April 2025, 09:30

3 April 2025, 18:30

5 April 2025, 16:30

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

MET Desiré Gardner TEKS EN REGIE Desiré Gardner VERVAARDIGER Artist Warehouse

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2 April 09:30 en 3 April 18:30) – maar daar is goeie nuus! Sy kom kuier langer by die KKNK met ’n ekstra vertoning in die kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal op 5 April 16:30. Klik hier vir jou kaartjies.

Magda Louw, die kletskous sonder ’n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’n gedagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, rusies probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ’n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om enigiemand heuning om die mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ’n les in kletterkunde. Sy vra die vrae waaroor sy self wonder: In watter taal droom jy? Waar kom sekere gesegdes vandaan en hoe maak ’n mens as jy en jou lewensmaat en/of kinders verskillende weergawes van dieselfde taal praat? Gebaseer op die uiters gewilde kykNET-reeks Magda Louw, waarvan die derde seisoen vroeg in 2025 op die TV verskyn.

Bekroon met die Silwerskerm-fees se prys vir beste aktrise in ’n komedie en benoem vir ’n Momentum Beleggings Aardklop-prys vir beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks (2024).

Lus vir iets anders?

Die potplant: ’n Tragedie

’n “Sad”, stowwerige potplant staan alleen in die voorportaal van ’n kantoor. ’n Potplant is...

KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Die Kanna-benoemde...

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...

Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage

Die kern van die storie vertel die verhaal van ’n alledaagse, normale middelklas-auntie op die...