R180 (vooraf) • R170 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 60 min.

Gimsaal (Scheepersstraat) en kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

2 April 2025, 09:30

3 April 2025, 18:30

5 April 2025, 16:30

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

MET Desiré Gardner TEKS EN REGIE Desiré Gardner VERVAARDIGER Artist Warehouse

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2 April 09:30 en 3 April 18:30) – maar daar is goeie nuus! Sy kom kuier langer by die KKNK met ’n ekstra vertoning in die kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal op 5 April 16:30. Klik hier vir jou kaartjies.

Magda Louw, die kletskous sonder ’n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’n gedagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, rusies probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ’n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om enigiemand heuning om die mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ’n les in kletterkunde. Sy vra die vrae waaroor sy self wonder: In watter taal droom jy? Waar kom sekere gesegdes vandaan en hoe maak ’n mens as jy en jou lewensmaat en/of kinders verskillende weergawes van dieselfde taal praat? Gebaseer op die uiters gewilde kykNET-reeks Magda Louw, waarvan die derde seisoen vroeg in 2025 op die TV verskyn.

Bekroon met die Silwerskerm-fees se prys vir beste aktrise in ’n komedie en benoem vir ’n Momentum Beleggings Aardklop-prys vir beste nuutgeskrewe Afrikaanse teks (2024).

Lus vir iets anders?

‘KUNS’

Buiten dat smaak verskil, is daar ook al menigte argumente gevoer oor die konsep van...

Add my op die groep

In Add my op die groep nooi Christie van Niekerk gehore uit om lekker te...

Casper de Vries: ’n Cassie diamantjies (gekanselleer)

Casper de Vries se “ ’n Cassie diamantjies” wat by die KKNK sou debuteer, kan...

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

AF