R200 (vooraf) • R180 (Vriende van die KKNK) • R220 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 75 min.

kykNET Hoërskool Oudtshoornsaal (Jan van Riebeeckweg)

Datum(s)

1 April 2025, 09:30

2 April 2025, 16:30

2 April 2025, 19:30

Hospitale, kateters en familielede

MET Wynand van Vollenstee, Thiart Li, Stephanie Baartman en Marissa Claasen TEKS EN REGIE Wynand van Vollenstee  VERHOOGBESTUURDER Yvette Hanekom PRODUKSIE-ASSISTENT Martin Breedt VERVAARDIGER That’s Freakin Nice Produksies

Ontwikkeling ondersteun deur Innibos.

Gedeelde badkamers. Alewige geraas. Buisligte wat permanent brand. Skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel. Kieme wat aan alles vasklou en die vriendelike kombuispersoneellid wat jou probeer oortuig jy bestel van ’n top à la carte-spyskaart af. Hospitale, kateters en familielede is ’n skreeusnaakse, absurde komedie wat almal wat al ooit iets met ’n hospitaal te doen gehad het, gaan laat skaterlag en soms ’n traan laat wegpink. Veertien karakters vertel hul eie storie oor prosedures, verhoudings en familie, soos net in ’n hospitaal opgedis kan word. Die stories, karakters, absurde prosedures en mediese toerusting laat veel te wense oor vir hierdie siele, wat saam ’n stryd voer, wat amper na ’n hopelose situasie lyk. Tog is daar iets om te ontdek en te leer by ander: Dié wat saam met ons deur ons donkerste ervarings gaan, raak tog ons beste vriende . . . of dalk nie. Ontmoet die verpleegsters, dokters, pasiënte en familielede en selfs ’n worshond, wat ’n eg Suid-Afrikaanse skaterlagstorie vertel. Topverkoper by Innibos (2024).

Lus vir iets anders?

Die Swartmerrie

Teen die agtergrond van Oudtshoorn se verroeste treinspore en verlate perron, vertel Die Swartmerrie die...

KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Die Kanna-benoemde...

Öh

Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome...

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...