R170 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 T • 60 min.

Die treinspoor (Tabakstoor, Parkweg-Suid)

Datum(s)

31 Maart 2025, 17:15

1 April 2025, 17:15

2 April 2025, 17:15

3 April 2025, 17:15

4 April 2025, 17:15

5 April 2025, 17:15

6 April 2025, 17:15

Die Swartmerrie

MET Theo Witbooi, Chantell Phillipus en Jermaine Bruintjies TEKS Tiffany Saterdaght en Neil Coppen REGIE Neil Coppen STEL- EN KOSTUUMONTWERP Zietske Saaiman VERHOOGBESTUURDER Tiffany Saterdaght VERVAARDIGER KKNK se Karoo Kaarte

’n KKNK-projek, ondersteun deur die NLC, Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport.

Teen die agtergrond van Oudtshoorn se verroeste treinspore en verlate perron, vertel Die Swartmerrie die aangrypende verhaal van Simon “Tjoekepaf” Baadjies, wat op die spore wag in die hoop dat iemand wat hy eens liefgehad het, terugkeer. ’n Ou vriend sluit by hom aan om afskeid te neem. Die karakters worstel met spookagtige herinneringe en onuitgesproke berou. Die Karoo-dialek van hul Afrikaans verleen ’n warmte en intimiteit aan die verhaal en omskep hul gesprekke in ’n liefdestaal wat diep aanklank by gehore vind. Die Swartmerrie is ’n diepgaande besinning oor tyd, verlies en veerkragtigheid.

Benoem vir ses Kanna-pryse by die KKNK en bekroon met die Kanna vir beste debuutwerk en beste regie (2024).

Lus vir iets anders?

Casper de Vries: ’n Cassie diamantjies (gekanselleer)

Casper de Vries se “ ’n Cassie diamantjies” wat by die KKNK sou debuteer, kan...

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...

Stinkhout

Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...