R70 (vooraf) • R50 (Vriende van die KKNK) • R90 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Gesin • 60 min.

Toekomsrussaal (Zebraweg)

Datum(s)

1 April 2025, 09:00

1 April 2025, 13:00

1 April 2025, 17:00

Proscenium-dialoë: Groep 1

MET deelnemers van die Proscenium Dramakompetisie

Ondersteun deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word by die KKNK aangebied as deel van die Jeugkunstefees. Kom beleef hierdie nuwe, rou talent – wat dalk net die sterre van die toekoms kan wees! Die dialoë word in twee groepe verdeel, met vier dialoë elk wat aangebied word.

Bonsai met Hendré Henning (Helpmekaar Kollege) en Zanje Bodenstein (PALI Youth), geskryf deur Gita Fourie en onder regie van Alby Michaels (Afrikaans). 

Vaya Umlomo met Kwakhanya Mboniswa (Hoërskool Eersterivier) en Anoxolo Nkebe (Nomzamo High School), geskryf deur Miliswa Mbandazayo en onder regie van Mbulelo Grootboom (Engels en Xhosa).

Dis tradisie met Gianni de Lange (Hoërskool Riebeeckrand) en Brendan Kruger (Helpmekaar Kollege), geskryf deur Adriaan Havenga en onder regie van Ilse Klink (Afrikaans).

Mamma roep my huis toe met Zander Oberholster (Hoërskool Martin Oosthuizen) en Roderick Carroll (Hoërskool Okiep), geskryf deur Miché van Wyk en onder regie van Barnie Mans (Afrikaans).

In 2024 het die Proscenium Dramakompetisie 647 inskrywings ontvang en ná die uitdunne is 70 kandidate gekies om aan die finale rondes in Kaapstad deel te neem. Hier het die kandidate dit oor vier rondes uitgespook om die wenners te bepaal. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het 15 skrywers opdrag gegee om dialoë te skryf wat geskik is vir jong akteurs en vir gebruik in die klaskamer. Tydens die finale rondes van die Proscenium Dramakompetisie het ’n span van die WKOD akteurs gekies om die dialoë op te voer, onder leiding van verskeie professionele regisseurs. Die tekste is in Afrikaans, Engels en Xhosa en dek ’n wye spektrum onderwerpe wat aanklank vind by ’n uiteenlopende gehoor van alle ouderdomme. Hierdie is ’n toonvenster van opwindende nuwe tekste en die akteurs van die toekoms.

Lus vir iets anders?

Joe Barber 25

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter...

KG Mokgadi: Weighing In – The Aftermath

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Die Kanna-benoemde...

Stinkhout

Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van...

Sohail Booise en Auntie Cheryl share the stage

Die kern van die storie vertel die verhaal van ’n alledaagse, normale middelklas-auntie op die...