R225 (vooraf) • R200 (Vriende van die KKNK) • R250 (by die deur)

Afrikaans en Engels • Geen o.13 OB • 110 min.

Gimsaal (Scheepersstraat)

Datum(s)

2 April 2025, 19:00

3 April 2025, 09:00

4 April 2025, 18:30

5 April 2025, 13:30

Speelgoed van glas

MET Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn en Mark Elderkin REGIE, VERTALING EN ONTWERP Nico Scheepers TEKS Tennessee Williams OORSPRONKLIKE TITEL The Glass Menagerie VERHOOGBESTUURDER Nell van der Merwe VERVAARDIGER Toyota Stellenbosch Woordfees

’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi en die Baxter-teater.

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe graag elkeen van hulle wil ontsnap. Speelgoed van glas is ’n boeiende, hartroerende uitmekaarskeur-verhaal, ’n meesleurende verkenning van broosheid, verlange en die feilbaarheid van familie.

Bekroon met die Woordtrofee as beste toneelstuk, beste regie, beste vroulike byspeler (Smith) en beste manlike byspeler (Elderkin) by die Toyota Stellenbosch Woordfees (2024).

Lus vir iets anders?

Joe Barber 25

Die ikoniese Joe Barber is 25! Om hierdie herdenking te vier, keer die span agter...

Double Trouble: Bettie innie selle en Chronicles vannie Lavis

Twee vir die prys van een! Bettie innie selle MET Dean John Smith TEKS Dean...

Add my op die groep

In Add my op die groep nooi Christie van Niekerk gehore uit om lekker te...

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...