R170 (vooraf) • R150 (Vriende van die KKNK) • R190 (by die deur)

Engels en Zoeloe • Geen o.16 G • 100 min.

Laerskool Wesbank-teater (Vredestraat)

Datum(s)

1 April 2025, 11:00

2 April 2025, 19:00

3 April 2025, 09:30

Isidlamlilo/The Fire Eater

MET Mpume Mthombeni TEKS Neil Coppen en Mpume Mthombeni REGIE Neil Coppen VERHOOGBESTUURDER Tina le Roux VERVAARDIGER Empatheatre

Ontwikkeling ondersteun deur die Nasionale Kunstefees. Speelvak moontlik gemaak deur die KKNK.

Die bekroonde Isidlamlilo/The Fire Eater is ’n verbysterende solovertoning, aangebied deur die aktrise Mpume Mthombeni en teatermaker Neil Coppen, onder die vaandel van hul bekroonde Empatheatre. Die toneelstuk is geïnspireer deur die ware verhaal van ’n vrou wat ’n politieke sluipmoordenaar vir die Inkatha Vryheidsparty (IVP) was in die aanloop tot Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Zenzile Maseko, die protagonis, is ’n 60-jarige Zoeloe-ouma wat in ’n klein vrouehostel in die middestad van Durban woon. Weens ’n administratiewe fout van die departement van binnelandse sake is sy dood verklaar en bevind haarself in ’n Kafka-agtige nagmerrie wat haar dwing om haar verlede as ’n sluipmoordenaar in die 1980’s in oënskou te neem – in die fel stryd van die IVP teen die ANC. Met behulp van magiese realisme en Afrika-volksverhale word KwaZulu-Natal se onstuimige geskiedenis van geweld en wraak belig, maar die fokus val veral op die merkwaardige veerkragtigheid van die protagonis en hoe sy vir haar ’n nuwe identiteit skep. Bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie: tegnies en ontwerp, beste prestasie: solo en beste oorspronklike Suid-Afrikaans teks by die Toyota Stellenbosch Woordfees (2024).

Lus vir iets anders?

Reünie

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam...

Ont-

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan...

Die een wat bly

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se...

Tomboy

Llandi Beeslaar is nie juis ’n nuweling nie: Jy ken haar dalk as Mielie Senekal...