R210 (vooraf) • R190 (Vriende van die KKNK) • R230 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.10 T • 70 min.

Gimsaal (Scheepersstraat)

Datum(s)

4 April 2025, 09:00

6 April 2025, 16:00

Reünie

MET Frank Opperman TEKS Dana Snyman REGIE EN BELIGTINGSONTWERP De Klerk Oelofse PRODUKSIEBESTUURDER Marie Vogts

’n Innibos-produksie, ondersteun deur NATi.

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer regtig konfronteer. Dana Snyman en Frank Opperman snoer weer kragte saam – verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

Frank Opperman is bekroon met die kykNET Fiësta-prys vir beste akteur vir sy spel in dié stuk.

Lus vir iets anders?

Proscenium-dialoë: Groep 1

Agt dialoë wat ná afloop van die eerste Proscenium Dramakompetisie in 2024 vervaardig is, word...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...

Laaitie mettie biscuits

“Wat het my kind gesê voor hy dood is? Het hy na my geroep?” Die...

Marion Monroe

Marion Holm is reeds vir 21 jaar ’n gunsteling onder KKNK-gehore sedert haar eerste eenvrouvertoning,...