R230 (vooraf) • R210 (Vriende van die KKNK) • R250 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 OB, T, S • 70 min.

Laerskool Van Reedesaal (Hoogstraat)

Datum(s)

1 April 2025, 10:00

2 April 2025, 13:30

3 April 2025, 18:00

4 April 2025, 13:30

Moord met ’n T

MET Tobie Cronjé, Ignatius van Heerden en André Lötter TEKS Braam van der Vyver REGIE Lihan Pretorius VERHOOGBESTUURDER Madelein Lötter

Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas, of sy jaloerse vrou, Cruella, is daar. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan. Die ondersoekbeampte, speursers. Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae na vore kom. Is Bakkies regtig dood en as hy nie is nie, wie is die spook wat op ’n haar na hom lyk? Wie se lyk is in die lykshuis? Maar dis nie al nie: Waar pas PJ die privaat speurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf beland?

Lus vir iets anders?

Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers. Alewige geraas. Buisligte wat permanent brand. Skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel....

Öh

Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome...

Kruispad, of die legende van die goue vis

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n...

Speelgoed van glas

’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web...