DEBUUT

R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)

Afrikaans • Gesin OB • 50 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

4 April 2025, 15:00

5 April 2025, 16:30

6 April 2025, 13:00

Vrou met 27 kinders

MET Petru Wessels TEKS Ludmilla Bollow REGIE Carel Trichardt VERTALING Jopie Koen VERWERKING Petro-Nelise Sollè OORSPRONKLIKE TITEL The Woman with 27 Children POPMAKER The Little Marionette Company VERVAARDIGER Petcar Produksies

Vrou met 27 kinders vertel die storie van ’n kinderlose egpaar, gegrond op ’n ware lewensverhaal. Die man, ’n beeldhouer, maak elke jaar vir sy vrou ’n baba uit hout. Hy maak uiteindelik vir haar 27 kinders uit hout. Vir haar is hulle nie houtpoppe nie, maar kinders van vlees en bloed. Ná haar man se dood word van sy ander beelde aan die museum op die dorp geskenk. Die verhaal ontvou verder wanneer die museum se werknemers die vrou se “kinders” ook van haar wil wegneem. Universele temas soos kinderloosheid, ouerliefde, die liefde tussen ’n man en vrou, asook ouderdom en demensie word getakel – altyd teen die agterdoek van hoop en lig. Petru Wessels was in 1996 by die KKNK in hierdie stuk te sien.

Lus vir iets anders?

Öh

Vir die bejaarde Mohn, ’n persoonlike sjef, is die kombuis die plek waar hulle volkome...

Internet Sensasie

In die regte lewe is Mel die Storieverteller ’n komediant en katliefhebber, maar in ’n...

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw: ’n Les in kletterkunde se twee vertonings in die Gimsaal is uitverkoop (2...

Virgil Prins: Komediant

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Virgil Prins...