DEBUUT

R180 (vooraf) • R160 (Vriende van die KKNK) • R200 (by die deur)

Afrikaans • Gesin OB • 50 min.

ATKV-Griesselsaal (Langenhovenweg)

Datum(s)

4 April 2025, 15:00

5 April 2025, 16:30

6 April 2025, 13:00

Vrou met 27 kinders

MET Petru Wessels TEKS Ludmilla Bollow REGIE Carel Trichardt VERTALING Jopie Koen VERWERKING Petro-Nelise Sollè OORSPRONKLIKE TITEL The Woman with 27 Children POPMAKER The Little Marionette Company VERVAARDIGER Petcar Produksies

Vrou met 27 kinders vertel die storie van ’n kinderlose egpaar, gegrond op ’n ware lewensverhaal. Die man, ’n beeldhouer, maak elke jaar vir sy vrou ’n baba uit hout. Hy maak uiteindelik vir haar 27 kinders uit hout. Vir haar is hulle nie houtpoppe nie, maar kinders van vlees en bloed. Ná haar man se dood word van sy ander beelde aan die museum op die dorp geskenk. Die verhaal ontvou verder wanneer die museum se werknemers die vrou se “kinders” ook van haar wil wegneem. Universele temas soos kinderloosheid, ouerliefde, die liefde tussen ’n man en vrou, asook ouderdom en demensie word getakel – altyd teen die agterdoek van hoop en lig. Petru Wessels was in 1996 by die KKNK in hierdie stuk te sien.

Lus vir iets anders?

Isidlamlilo/The Fire Eater

Die bekroonde Isidlamlilo/The Fire Eater is ’n verbysterende solovertoning, aangebied deur die aktrise Mpume Mthombeni...

Virgil Prins: Komediant

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Virgil Prins...

Stuart Taylor: Odd Man Out

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Ononderbroke lag...

Annie+Helen

In 1887 ontmoet Annie Sullivan en Helen Keller mekaar – ’n ontmoeting wat hul lewens...