R225 (vooraf) • R205 (Vriende van die KKNK) • R245 (by die deur)

Afrikaans • Geen o.13 T • 120 min. (pouse ingesluit)

SANW-ouditorium (Parkweg)

Datum(s)

1 April 2025, 18:30

2 April 2025, 09:00

4 April 2025, 09:00

5 April 2025, 18:30

Kruispad, of die legende van die goue vis

MET Edwin van der Walt, Carla Smith, Eben Genis en Beer Adriaanse REGIE EN VERTALING Marthinus Basson TEKS Jaan Tätte STEL- EN BELIGTINGSONTWERP Nicolaas de Jonge VERHOOGBESTUURDER Philip Theron PRODUKSIEBESTUURDER Nina Smit VERVAARDIGER Raminidam

’n Jong paartjie, Roland en Laura, klop een wintersnag aan by die huis van ’n eksentrieke alleenloper, Oswald, nadat hul ryloopplanne skeefgeloop het en hulle ’n oornagplek teen die koue soek. Uit die staanspoor is dinge duidelik nie heeltemal pluis nie. Oswald se gedrag raak al hoe vreemder, en die grense tussen werklikheid en fantasie, hede en verlede, feit en fiksie begin so glibberig raak soos die toegesneeude paaie buite die hut in die woud. Skrywer Jaan Tätte skep ’n magiese sprokie oor liefde en die krag van geld, wat jou aan jou sitplek vasgenael gaan hou.

Bekroon met die Woordtrofee vir beste ensemble by die Toyota Stellenbosch Woordfees (2024), uit vier benoemings.

Lus vir iets anders?

’n Begin

Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy...

Dinner met Diek

Liewe ontvanger U word hartlik uitgenooi om my te aanskou by my verjaarsdagete. ’n Aand...

Ont-

Ont- is ’n solostuk wat die grootwordproses van ’n jong Afrikaner ontleed. Die Verteller staan...

Nina Hastie: Tannie Tangents

Maak gereed vir iets om oor te lag met Kekkelkliniek se reeks stand-up-vertonings. Geen onderwerp...